[vc_empty_space height="-5px"]
Alienum phaedrum torquatos nec eu, vis detraxit periculis ex, nihil expetendis in mei. Mei an pericula euripidis, hinc partem. [vc_empty_space height="10px"]
[vc_empty_space height="20px"]

FREE SHIPPING on all orders above R1000!

5 MINUTE KATJIE STORIES

R140.00

Jy wil hierdie 5 minute Katjie Stories in jou boekrak hê, want elke kleinding kort lekkerlag katjie stories.

Deel in die wonderlike pret met hierdie perfekte skatkis van 5 minute katjie-stories.

Ontmoet Poeksie met al haar poetse, vind saam met Charlie uit waar die skat begrawe is, sluit aan by Bennie wat sy vrese moet oorkom en lees lekker saam aan nog avonture.

Met 5 bekoorlike stories en hope oulike katjies om te ontmoet, sal hierdie boek enige klein leser betower.

Bestel nou joune.

NS – lees verder vir meer inligting.

Description

Ons is mal oor 5 MINUTE KATJIE STORIES, want dit is pragtig geillustreer en ‘n groot gunsteling in ons winkel.

Is jy op soek na ‘n storieboek met kort stories wat jonger kinders se aandag kan hou?  Dan is hierdie boek met kort stories oor katjies die perfekte antwoord vir storietyd.

Ons is mal oor die kleurvolle illustrasie en stewige hardeband formaat.

Hierdie boekie bied die geleentheid om saam met jou kleinding op te krul en kosbare oomblikke te deel.

Die kort stories oor katjies:

  • Ontmoet vir Poeksie met al haar poetse.
  • Vind saam met Charlie uit waar die skat begrawe is.
  • Lees oor hoe Bennie sy vrese oorkom.
  • Soek saam met Talita ‘n plek vir ‘n salige slapie.
  • Leer saam met Daisy dat klein katjies ook lekker dinge kan doen.

Hoekom is dit ‘n moet-koop boek?

  • Ryk taalgebruik vol beskrywende teks.
  • Helder, treffende illustrasies.
  • Hardeband vir ‘n langer leeftyd.
  • ‘n Mens kan nooit te veel boeke hê nie.

Bestel nou joune voor hulle uitverkoop!

NS – maak seker jy loer na ons hele reeks boeke, daar is beslis ‘n hele paar skatte wat in jou boekrak hoort.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “5 MINUTE KATJIE STORIES”

Your email address will not be published. Required fields are marked *