Description
Jy kort sonder twyfel vir Klein Grillie Spinnekop in jou boekrak, want hierdie klein karaktertjie stap ligvoets in elke klein leser se hart in.
Die Grillie reeks is beslis ‘n gunsteling in ons winkel. As jy op soek is na ‘n unieke storie met ryk woordeskat en pragtige illustrasies, MOET jy hierdie versameling koop. Dit sal blitsig ‘n storietyd gunsteling word.
Ons is mal oor die skryfstyl, kleurvolle illustrasie en stewige hardeband formaat.
Hierdie boeke bied die geleentheid om saam met jou kleinding op te krul en kosbare oomblikke te deel.
Die storie in Klein Grillie Spinnekop – Vakansie op die Plaas:
-
- Klein Grillie Spinnekop gaan hou vakansie op die plaas.
- Hy pak sy rubberstewels in en sien uit na die avontuur.
- Grillie wonder watter diere hy alles gaan leer ken?
- Grillie kan sy oë nie glo oor al die verstommende dinge wat hy op die plaas ontdek nie – kom saam met hom op die avontuur!
Hoekom is dit ‘n moet-koop boek?
- Ryk taalgebruik vol beskrywende teks wat jou kleinding se woordeskat sal help bevorder.
- Vars, unieke karaktertjies wat gou gou in almal se harte inkruip.
- Helder, treffende illustrasies wat klein mensies bekoor.
- Hardeband vir ‘n langer leeftyd.
- Ons het nog nie ‘n kind ontmoet wat nie gek was oor Grillie nie.
- ‘n Mens kan nooit te veel boeke hê nie.
Reviews
There are no reviews yet.