Description
Jy wil die AVONTURE OP DIE PLAAS OMNIBUS in jou boekrak hê, want dit het besonderse trefkrag vir alle klein mensies.
Avonture op die plaas is ‘n gunsteling onder ons klein lesertjies. As jy op soek is na ‘n klomp prettige plaas stories, is hierdie boek die antwoord. Dit sal blitsig ‘n storietyd gunsteling word.
Ons is mal oor die skryfstyl, kleurvolle illustrasie en stewige hardeband formaat.
Hierdie boeke bied die geleentheid om saam met jou kleinding op te krul en kosbare oomblikke te deel.
Die stories in die AVONTURE OP DIE PLAAS OMNIBUS:
- Gertjie se uitstappie vertel van ‘n eendjie wat glad nie lus is om te leer swem nie.
- Manie Muis skrik groot en die hele muis-familie moet trek na ‘n knus, nuwe huisie.
- Hansie vlieg weg! vertel van ‘n Hasie wat wegwaai nadat hy onder ‘n vlieër wegkruip.
- Boel en Dolla is ‘n storie oor ‘n hond en koei wat saam ‘n baba hondjie red.
- Ses stoute varkies vang die allervreeslike kattekwaad aan op die plaas.
- ‘n Indringer op die plaas vertel van Vos die jakkals wat hom vasloop toe die plaasdiere besluit om hom ‘n les te leer.
Hoekom is dit ‘n moet-koop boek?
- Die hele bundel verwys na dieselfde karakters & word dus een prettige avontuur.
- Ryk taalgebruik vol beskrywende teks.
- Helder, treffende illustrasies.
- Hardeband vir ‘n langer leeftyd.
- Ons het nog nie ‘n kind ontmoet wat nie plaas-stories geniet nie.
- ‘n Mens kan nooit te veel boeke hê nie.
Reviews
There are no reviews yet.