[vc_empty_space height="-5px"]
Alienum phaedrum torquatos nec eu, vis detraxit periculis ex, nihil expetendis in mei. Mei an pericula euripidis, hinc partem. [vc_empty_space height="10px"]
[vc_empty_space height="20px"]

FREE SHIPPING on all orders above R1000!

MY STORIE SKATKIS

R295.00

Jy wil MY STORIE SKATKIS in jou boekrak hê, want dit is ‘n besonders unieke & pragtige geillustreerde skatkis met 18 SPLINTERNUWE stories.

Hierdie skatkis van unieke stories is propvol kreatiewe karakters.  As jy op soek is na ‘n bundel vol NUWE stories, ryk woordeskat en pragtige illustrasies, MOET jy hierdie boek koop.  Dit sal blitsig ‘n storietyd gunsteling word.

Ons is mal oor die nuwe, kreatiewe stories, die lekker skryfstyl, kleurvolle illustrasie en stewige hardeband formaat.

Hierdie boeke bied die geleentheid om saam met jou kleinding op te krul en kosbare oomblikke te deel.

Bestel nou joune sodat julle kan begin lees.

NS – lees verder vir ‘n lys van al die stories en meer inligting.

Description

Jy wil MY STORIE SKATKIS in jou boekrak hê, want dit is ‘n besonders unieke & pragtige geillustreerde skatkis vol stories.

Hierdie skatkis van splinternuwe stories is propvol kreatiewe karakters.  As jy op soek is na ‘n bundel vol NUWE stories, ryk woordeskat en pragtige illustrasies, MOET jy hierdie boek koop.  Dit sal blitsig ‘n storietyd gunsteling word.

Ons is mal oor die nuwe, kreatiewe stories, die lekker skryfstyl, kleurvolle illustrasie en stewige hardeband formaat.

Hierdie boeke bied die geleentheid om saam met jou kleinding op te krul en kosbare oomblikke te deel.

Die stories in MY STORIE SKATKIS:

  • Lea se Boom vertel die storie van hoe Lea lief raak vir ‘n boom, en mooi na hom kyk.
  • Die Lied van die Hen – kom kyk hoe Hannie Hen met die henne-ruk-en-rol inspring toe Haan sy stem verloor.
  • Tot Stinkie se redding – kom kyk waar Stinkie wegkruip en hoe hy uiteindelik in die bad beland.
  • Die Duisendpoot en die Slak is ‘n pragtige storie oor hoe ons mekaar met ons verskille moet aanvaar.
  • Frederik en Kuifie vertel die storie van hoe ‘n perd en ‘n ponie familie word.
  • Kameelperd en Sebra lag lekker saam omdat Sebra bang is vir sy eie skaduwee.
  • Katryntjie Kekkel bou ‘n reuse huis vir elke liewe dier wat vir Wolf wil wegkruip.
  • Jabba, die Wit Olifantjie vind uit dat dit baie spesiaal is om anders te wees.
  • Meteoor die Drakie kan nie vuur spoeg nie en gaan op ‘n avontuur.
  • Marcel die Dappere se boeties leer dat hy glad nie ‘n bangbroek is nie.
  • Verrassing! vertel hoe Lelanie haar ouma met haar gunsteling tert gaan verras.
  • Die Lelike Konyntjie was toe al die tyd ‘n hasie!
  • Kakao die Apie het nie baie maats nie, maar word ‘n held as hy almal help.
  • Albert en die Aartappel vertel hoe twee erdwurms in ‘n aartappel skuiling soek teen ‘n groot storm.
  • Gallie die Krokodil het tandpyn en die hele woud se diere help hom om by die tandarts uit te kom.
  • Wimpie, die Wit Donkie leer dat ‘n donkie nie hoogmoedig moet wees nie.
  • Bonte se Serpie soektog verander in ‘n prettige avontuur met ‘n laaaaang ry diere wat almal help soek.
  • Soet honne! vertel die storie van Tango die hond wat alles behalwe soet is..

Hoekom is MY STORIE SKATKIS ‘n moet-koop boek?

  • My Storie Skatkis is ‘n hele bundel vol oorspronklike stories en nuwe karakters.
  • Ryk taalgebruik vol beskrywende teks.
  • Helder, treffende illustrasies.
  • Hardeband vir ‘n langer leeftyd.
  • Die stories leer die klein leser op ‘n speelse manier ‘n hele paar lewenslesse.
  • ‘n Mens kan nooit te veel boeke hê nie.

Bestel nou joune voor hulle uitverkoop!

NS – maak seker jy loer na al ons boeke, daar is ‘n hele klomp wat op elke boekrak hoort.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “MY STORIE SKATKIS”

Your email address will not be published. Required fields are marked *