Description
Jy wil beslis BABALELA – DIEP, DIEP IN ‘n DONKER BOS in jou boekrak hê, want hierdie bekroonde boek sal enige klein lesertjie bekoor.
BABALELA is ‘n groot gunsteling onder ons klein lesertjies. As jy op soek is na ‘n store om emosionele intelligensie te help ontwikkel, is hierdie boek die antwoord. Dit sal blitsig ‘n storietyd gunsteling word.
Ons is mal oor die kreatiewe skryfstyl, pragtige boodskap en stewige hardeband formaat.
Hierdie boek bied die geleentheid om saam met jou kleinding op te krul en kosbare oomblikke te deel.
Die storie in BABALELA – DIEP, DIEP IN ‘n DONKER BOS:
- Diep, diep in ‘n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, en die varings welig diepgroen staan, woon die Babalela, en… Wrrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote; die nuuskierige Meermoskat en die agt Fripperwakkies wat nie vir ‘n oomblik ophou kwetter nie.
- Die groep vriende beleef avontuur op avontuur terwyl hulle ook meer leer oor hul eie sterk punte.
- Babalela is die Sesothowoord vir kleintjie, en dis dan ook waar die Babalela sy naam vandaan kry.
- Die Babalela is ‘n snaakse diertjie wat diep in die bos woon, en wat geen mens nog ooit gesien het nie.
- Eendag kom ‘n man in die bos op Babalela af en vang hom.
- Die man wil Babalela saam met hom neem, sodat hy Babalela kan ondersoek en vir ander mense kan wys.
- Babalela is glad nie te vinde hiervoor nie & die storie vertel die storie van hoe hy ontsnap en hoe al sy vriende saamwerk vir ‘n gelukkige einde.
Hoekom is dit ‘n moet-koop boek?
- Die storie word op ‘n vars, kreatiewe wyse met ryk woordeskat vertel.
- Die pragtige boodskap sal enige klein leser bekoor.
- Alle kinders verdien om emosionele intelligensie te ontwikkel en gevoelswoordeskat aan te leer.
- Die boek fokus op hoe ons kan sterk wees, en enige iets kan doen as ons regtig ons beste probeer.
- Dit is ‘n fantastiese aanknopingspunt vir gesprekke oor groot emosies en bangmaak dinge.
Reviews
There are no reviews yet.