Description
Jy wil beslis BABALELA – ONS KAN in jou boekrak hê, want hierdie bekroonde boek sal enige klein lesertjie bekoor.
BABALELA is ‘n groot gunsteling onder ons klein lesertjies. As jy op soek is na ‘n store om emosionele intelligensie te help ontwikkel, is hierdie boek die antwoord. Dit sal blitsig ‘n storietyd gunsteling word.
Ons is mal oor die kreatiewe skryfstyl, unieke karakters en pragtige boodskap.
Hierdie boek bied die geleentheid om saam met jou kleinding op te krul en kosbare oomblikke te deel.
Die storie in BABALELA – ONS KAN:
- Diep, diep in ‘n donker bos in ‘n hol boomstomp, net onder ‘n blaar, slaap die Babalela.
- Maar op ‘n dag word die rustigheid en stilte in die bos verbreek.
- Iets dreun en rammel en raas.
- ‘n Stootskraper is besig om al die bome plat te stoot!
- Die Babalela en sy maats moet vinnig ‘n plan maak – voor dit te laat is…
Hoekom is dit ‘n moet-koop boek?
- Die storie word op ‘n vars, kreatiewe wyse met ryk woordeskat vertel.
- Die pragtige boodskap sal enige klein leser bekoor.
- Alle kinders verdien om emosionele intelligensie te ontwikkel en gevoelswoordeskat aan te leer.
- Die boek fokus op hoe ons kan sterk wees, en enige iets kan doen as ons regtig ons beste probeer.
- Dit is ‘n fantastiese aanknopingspunt vir gesprekke oor groot emosies en bangmaak dinge.
Reviews
There are no reviews yet.